Skip to the content

Eenhede

103 eenhede met driestergradering.

2-Bed

Die 2-bedeenhede bestaan uit een slaapkamer met ’n dubbelbed. Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, ’n mikrogolfoond, stoof en mediumgrootte yskas. Hierdie eenhede het almal lugverkoeling, ’n televisie en badhanddoeke. Die badkamers het almal storte. Daar is geen aparte woonvertrek nie. Buite is ’n braai-area. (Maksimum twee persone)

2/4-Bed Luuks

Die 2- tot 4-bedeenhede bestaan uit een slaapkamer met ’n dubbelbed. Die oopplankombuis/leefarea het ’n stapelbed geskik vir twee persone tot 18 jaar. Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, ’n mikrogolfoond, induksiestoof en mediumgrootte yskas. Hierdie eenhede beskik almal oor lugverkoeling, ’n televisie en badhanddoeke. Die badkamers het almal storte. Buite is ’n braai-area. (Maksimum vier persone)

4-Bed

Die 4-bedeenhede bestaan uit twee slaapkamers.  Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed, en die ander slaapkamer het twee enkelbeddens. Die eenhede beskik oor ’n oopplankombuis/leefarea. Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, ’n mikrogolfoond, stoof en ’n mediumgrootte yskas. Hierdie eenhede beskik almal oor lugverkoeling, ’n televisie en badhanddoeke. Die badkamers het almal storte, aparte wasbakke en toilette. Die eenhede het ’n stoep met ’n braai-area. (Maksimum vier persone)

4/6-Bed

Die 4- tot 6-bedeenhede bestaan uit twee slaapkamers. Een slaapkamer met ’n dubbelbed, en een slaapkamer met twee enkelbeddens.

Daar is ’n oopvou-slaapbank in die oopplankombuis/leefarea geskik vir twee persone tot 18 jaar. Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, ’n mikrogolfoond, stoof en ’n mediumgrootte yskas. Hierdie eenhede beskik almal oor lugverkoeling, ’n televisie en badhanddoeke. Die badkamers het almal storte, aparte wasbakke en toilette. Die eenhede het ’n stoep met ’n braai-area. (Maksimum ses persone).

Sien alle akkommodasie

Eenhede

2, 4 & 6 Slaper Eenhede

Youth Tents ATKV Eiland Spa

Jeugtuiste

84 Persone - geskik vir enige skool-of kerkgroep

Woonwa-en-kampeerterrein

Woonwa-en-Kampeerterrein