ATKV-Eiland Spa Hidro Swembad
ATKV-Eiland Spa is gewild vir sy sonnige weer, asemrowende natuurskoon en dan natuurlik die hidro-spa. Die spa bied iets vir almal, van ’n sauna tot ’n stoombad en gimnasium. As jy nog nie gesien het hoe die hidro-swembad lyk ná die restourasie nie, kan jy dit nou in 3D ervaar!
ATKV-Eiland Spa 6-Slaper-rondawel
ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke Bosveldagtergrond. Hierdie driestergegradeerde eenheid kan 2 tot 6 mense huisves en is volledig toegerus met lugverkoeling, en DStv.
ATKV-Eiland Spa Twee- tot Vier-bed-rondawel
Hierdie luukse rondawels, geleë tussen die pragtige doringbome, is toegerus om twee tot vier mense gemaklik te akkommodeer. Die rondawels het lugversorging en ’n driestergradering.
ATKV-Eiland Spa Vier-bed-rondawel
Hierdie netjies en gemaklike driesterrondawels akkommodeer vier mense. Die rondawels het ten volle toegeruste kombuise, lugversorging, en buitebraai-areas om die lieflike bosveldatmosfeer te geniet.
ATKV-Eiland Spa Twee-bed-rondawel
Die lugeversorgde twee-bed-rondawels by Eiland Spa is ideaal vir paartjies. Hierdie rondawels is onlangs opgeknap en is nou gegradeer as driester.