Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir besprekings
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toer
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid


Jou Naam :
Vriend se Naam :
Vriend se Email :




ATKV-Eiland Spa Vakansieoord

GPS-koördinate: 23º39'18.9" S / 30º40'15.9" E

Kom geniet borrelende pret in die warm Laeveld. Ons bied jou aksie en avontuur of net luilekker rus en vrede ... die volmaakte gesinsvakansie.

Pretbelaaide selfsorggesinsvakansies!

Breek weg na dié Laeveldse Bosvelddiamant. Suid van die Letabarivier, 68 km oos van Tzaneen, lê die asemrowende nuwe ATKV-oord, Eiland Spa, omring deur die beeldskone omgewing van die Hans Merensky-natuurreservaat.

Sonskynweer in 'n tropiese omgewing is een van ATKV-Eiland Spa se grootste aantrekkingskragte. Die oord is boonop naby die Kruger Nasionale Park (120 km van die Phalaborwa-hek). ATKV-Eiland Spa is die ideale wegbreekbestemming met 'n uitstekende klimaat, volop natuurskoon, nabygeleë besienswaardighede, en kleinwild wat vrylik rondbeweeg. Kom geniet dit saam met ons!

ATKV-Eilanda Spa het 'n verskeidenheid aktiwiteite beskikbaar, waaronder asemrowende staproetes, perderitte, wildkykritte op aanvraag, bergfietsroetes, en die Tsongakraal-opelugmuseum. Die oord het ook 'n winkel en privaat wassery tot gaste se beskikking.

ATKV-Eiland Spa bied vyf goed toegeruste konferensielokale met plek vir groepe van 20 tot 250. Spesiale konferensiepakkette en -spyskaarte is beskikbaar. Die oord is voorts 'n gewilde bestemming vir jaareindfunksies en onvergeetlike troues. ATKV-Eiland Spa het 'n gelisensieerde restaurant en wegneemetekafee.

Geskiedenis van die oord

In die 1900's het mnr E.T. Elliot hom hier op die plaas Eiland kom vestig. Hy het die eerste steenhuis naby Black Hill gebou. In 1924 is die plaas vir 400 pond aan mnr George St Ledger Devenish verkoop sonder dat enigeen van die warmbron op die eiendom geweet het. Mnr George St Ledger was 'n bekende Springbokrugbyspeler, en het nie self hier gewoon nie, maar sy neef, Frank, vanaf 1924 tot 1938 op die plaas laat boer. Die bron is 80 km onder die grond en lewer 60 000 liter water per minuut. Die oord is in die Hans Merensky-natuurreservaat geleë.

 


 


 

 



 


 

 


 



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]