Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir besprekings
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
ATKV-Eiland Spa Vakansieoord

GPS-koördinate: 23º39'18.9" S / 30º40'15.9" E

Aan die suidekant van die Letabarivier, 68 kilometer oos van Tzaneen, is ATKV-Eiland Spa geleë – die diamant van die Bosveld. Hierdie oord word omring deur die pragtige natuurskoon van die Hans Merensky-natuurreservaat en is ideaal vir voëlkykers en almal wat lief is vir die Bosveld met sy luiperds, seekoeie en verskeie boksoorte.

ATKV-Eiland Spa is in ’n omgewing met ’n tropiese klimaat en lê sowat 120 kilometer van die Phalaborwa-hek van die Nasionale Krugerwildtuin af. Boonop is daar ’n winkel, ’n gelisensieerde restaurant, ’n dameskroeg en ’n wegneemete-restaurant.

Avontuurlustiges moet beslis ’n draai by ATKV-Eiland Spa kom maak. Die oord bied staproetes langs die Letabarivier in die natuurreservaat asook perdry en wildbesigtigingsritte. Vakansiegangers kan hul bergfietse en 4x4-voertuie saambring om die bergfiets- en 4x4-roetes aan te durf. Loer ook by die Tsonga-kraal Opelugmuseum in die Hans Merensky-reservaat in. Die hidro-spa bied ’n sauna, stoombad en gimnasium. Daar is ’n groot warm- en ’n kouewaterswembad, ’n glybaan en wipmatte vir die jongspan.

Verder kan daar van spanning ontslae geraak word met minigholf en die vermaakprogram wat tydens skoolvakansies ure se pret vir oud en jonk verseker. ATKV-Eiland Spa spog met rolbalbane waar gereelde toernooie gehou word asook nuwe jukskeibane. Daar is verder vyf tennisbane wat met spreiligte toegerus is. Met ure se pret en ontspanning op die spyskaart is ATKV-Eiland Spa die ideale plek vir ’n eg Afrikaanse vakansie! 


 

 


 

 


 

 


 



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]