Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir besprekings
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toer
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)

Die dagbesoekersbeleid van die ATKV-oorde is slegs van toepassing op ATKV-lede!

Hoewel ATKV-lede voorkeur geniet wat betref besprekings in ons oorde, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde ook vir Jan Alleman oop is. Met die aanbreek van die nuwe bedeling het die ATKV hom, op grond van verskeie kongresbesluite, onomwonde by dié nuwe bedeling geskaar.

Die ATKV beskou homself as aktiewe rolspeler in die bou van nuwe strukture vir die toekoms, om sodoende 'n onmisbare deel te wees van 'n inklusiewe Suid-Afrika wat vir almal, ook vir sy lede, aanvaarbaar is.

Vakansie is een van die aktiwiteite wat ten nouste met die ontspanningskomponent van kultuur saamhang. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansieprogramme is gesinsgerig, en konsentreer op aspekte soos gesinvermaak, veiligheid, 'n rustige vakansieomgewing, en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul.

Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker is daar sekere reëls by die oorde, wat die volgende insluit:

  • 'n Beperkte aantal dagbesoekers vir inwonende gaste
  • Geen drank by die swembaddens
  • 'n Beleid van geen dronkenskap
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek

Hierdie beleid word toegepas om 'n atmosfeer te skep waarin alle besokers heerlik kan opstaan. Dit word verstrek deur elke besoeker die geleentheid te gun om die omgewing en die beskikbare vermaak te geniet. Daarom word diegene wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna streng optrede sal volg. Sodanige optrede kan uitsetting uit die oord insluit.

Om te verseker dat die dagbesoekers aan die ATKV se oorde nie die inwonende gaste se pret bederf nie, moet daar vooraf met die oorde gereël word om as dagbesoekers toegelaat te word. Dit is veral belangrik gedurende die skoolvakansies en oor langnaweke. Omdat die ontspanningsgeriewe veral oor langnaweke en in die April- en Desembervakansies druk besoek word, word slegs 'n beperkte aantal motors per oord toegelaat.

Let wel: Dagbesoekers moet hetsy ATKV-lede en/of vriende en familie van inwonende gaste wat reeds in die betrokke ATKV-oord vakansie hou en dus die nodige reëlings met die oord getref het. Dagbesoekers van inwonende gaste kan die oorde daagliks vanaf 07:00 tot 21:00 besoek. Die dagbesoekerstariewe van elke oord is op aanvraag beskikbaar.



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]