Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir besprekings
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toer
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid



Sê ons wat jy dink!

Hier is jou geleentheid om jou sê te sê. Stuur 'n kakiebos as jy enige kritiek op die ATKV-Oorde, ons aktiwiteite, ons diens, ons doen en late het of skud sommer enige klippie uit jou skoen wat jou pla of seermaak. Stuur gerus ook 'n sonneblom as jy enige komplimente het of iets positiefs van die ATKV-oorde, ons aktiwiteite of ons diens ervaar het.

Die ATKV/ATKV-Oorde aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige kommentaar, stellings of uitlatings wat deur enige besoeker aan dié webwerf gemaak word nie. "Sê jou sê" weerspieël nie noodwendig die siening van die ATKV/ATKV-Oorde nie. Die ATKV behou die reg voor om ten enige tyd kommentaar sonder kennisgewing te verwyder.
Naam :
Van :
E-Posadres :
Om te verhoed dat ons ongewenste skrywe deur ons webwerf kry, het ons die onderstaande sekuriteit ingestel.
Vul die letters in die beeld, in die onderstaande teksveld in, voordat jy jou versoek stuur.
Indien jy enige probleem ondervind, stuur gerus 'n e-pos aan webadmin@atkv.org.za.
 



Wat het die ander mense gesê

Vertel my meer van die 2 nawwke plus 1 grates. Dankie.
Wessel Linde [riem.linde@vodamail.co.za] - 2010-08-02 16:46:02.89

Goeie dag. Hiermee wil ek net julle aandag vestig op die versoek.Dis al my 4de navraag en het nog geen informasie aangaande my versoek ontvang nie.Sal dit hoog op prys stel. Die uwe.
CORRIE PRINSLOO [cjprinsloo69@gmail.com] - 2010-07-31 14:15:45.5

Waarom adverteer julle op die pet-friendly website as julle nie diere toelaatnie?
Frik Gouws [impactstaging@yebo.co.za] - 2010-07-30 15:10:46.14

Waarom adverteer julle op die pet-friendly Website as julle nie troeteldiere toelaat nie?
Frik Gouws [impactstaging@yebo.co.za] - 2010-07-30 15:08:31.733

hi daar, wanneer kry ons bietjie nuwe foto's van die junie-julie vakansie op die net? dankie lekker dag
Lize van eden [elizeo@retinalassociates.co.za] - 2010-07-30 13:24:12.31

Ek wil namens myself,my kinders en kleinkinders BAIE DANKIE se vir n wondelike 6 dae wat ons in April by julle deur gebring het.Ons bly vir mekaar se dit was die lekkerste vakansie in n baie baie lang tyd.Ons sal verseker weer kom. Die Liebisch familie Boksburg en Margate. NS. Ryno Kaptein van Kurt Darren het vir ons almal n verandering ondergaan Nogmaks Dankie
ELLA LIEBISCH [ella.liebisch@airports.co.za] - 2010-07-16 09:50:27.593

Ons gaan gewoonlik naweke wanneer ons kan, Eiland toe. Dit is ons gunsteling wegbreek plek, en ons voel al baie tuis daar. Die ontvangs by die hek is uitstekend en die vriendlike oom laat jou dadelik tuis voel! Die winkel , "supertube" , akkommodasie , en opgegradeerde kampeerterrein se badkamers is van baie goeie gehalte. Ons beveel baie mense aan om die Eiland te besoek en wens selfs ons kan meer gaan. Maar die tariewe is bietjie hoog bo ons vuurmaakplek. ons wil ook weet of daar vakansiewerk is want ons is twee Hoërskool leerders?? Dankie vir die wonderlike diens en ervaringe. Die twee vriendinne
Alicia en Kristen Fritz en Peo [fritz.alicia@ymail.com] - 2010-07-12 09:56:04.873

Ons het aanvangklik gedink dat die vermaak nie goed is nie, maar ons was verkeerd. Ryno is baie goed en doen regtig baie om die vakansie vir almal wat deelneem aangenaam te maak. Ons geniet dit hier by julle. Dankie. Net 'n voorstel, probeer aktiwiete aanbied wat op die peuters en kleuters ook gemik is.
Betsie Coetzee [stefan@bottomsupscuba.co.za] - 2010-06-30 13:26:23.543

Hi weer Wil net ook byvoeg al die atkv oorde word ook aanbeveel deur my. Soos ek gese het moet ek by voeg dat ek ook by atkv hartenbos was. En almal was vriendlik ek was in 2007 daar die plek het uitgebrei as ook klein kariba en toe ons by eilandspa was was hul ook besig om die plek mooi te maak en reg te maak. Baie dankie aan almal by die oorde vir jul vriendlikheid en om ons welkom te voel
marthie blom [mmjblom@mobileemail.vodafonesa.co.za] - 2010-05-21 09:12:25.53

Goeie dag almal Wil net se jul het 'n pragtige plek. Almal is vriendlik en behulpsaam van die ontvangdames tot by die ingang van eilandspa en die werkers. Ons was 2 keer daar 1 keer amper 2weke en 1 vir 'n naweek. Die natuur is pragtig en die lug vars en skoon. Ek sal dit vir almal aanbeveel. Ons kom van elsburg gauteng. En hou daarvan om rond te toer. Ons sal jul weer besoek. Baie dankie atkv ons het al by klein kariba. Buffelspoort. Goudinispa. Natalia. Moet nog drakensville toe gaan Eilandspa jul plek is pragtig hou so aan.
marthie&frikkie blom [mmjblom@mobileemail.vodafonesa.co.za] - 2010-05-21 09:00:46.623

Baie dankie aan Eiland-Spa se personeel. Die naweek was heerlik, skoon fasiliteite en gawe personeel. Ons het heerlik gekamp en die kinders het die aktiwiteite verskriklik geniet. Sal beslis weer kom kuier!!!
Marilize Delport [mdelport@nix.co.za] - 2010-05-10 07:49:50.61

Watter span!! Ons wil graag die oordbestuurder en sy hele span gelukwens met hul optede tysdens die GROOT STORM van 20 April 2010 waartydens meer as 100mm reen in een uur geval het. Kampeerders is lekker gekasty vir die wonderlike voorreg om by Eiland te kan kuier. Groot ontwrigting en skade is aan tente en staanplekke aangerig terwyl baie bome ontwortel is. Hier moet ons die Eiland-span die grootste lof toeswaai deur hul onmiddelikke optrede. Die oordbestuurder het ons gereeld ingelig oor die vordering om die kragtoevoer te herstel asook wat sy span besig is om te doen. Spanlede het ook heeldag warm warm en toebroodjies aangedra terwyl ander (wit en swart) help tente verskuif, take en blare bymekaar gehark en algemene opruimingswerk gedoen het. Ons kan net weer in verwondering se: wel gedaan julle is die beste span wat ons na 30 jaar kamplewe ontmoet en ervaar het. Ander oorde kan gerus by julle "bench mark". Sterkte met dit wat nog gedoen moet word, julle sal ons beslis weer sien.
Andre Louens [andre.lourens@sasol.com] - 2010-04-23 14:15:01.92

kan julle asb vir ons fotos stuur van die 2 persoon rondawels binne en buite , want ons kan nie baie mooi sienj op julle website nie asb Baie dankie
Elise Willemse [mpwillemse@telkomsa.net] - 2010-04-08 19:22:37.373

Reyno se aktiwiteite met die kinders en die "recycled teenagers" was puik. Eiland verdien pluimpie vir netheid. Sien julle beslis gou weer
Annamarie Erasmus [aerasmus@sizabantups.co.za] - 2010-04-05 16:29:19.717

Goeie dag, Ek moet sê ek is redelik teleurgesteld met Eiland se tarief stelsel. Volgens julle webblad is die tariewe vir kamppeerplekke: R 231 per staanplek vir 2 persone = R 115.5 pp R 365 per kamplek vir 3 - 6 persone, dus vir 3 persone = R 121.6 pppn, 4 persone = R 91.25 pp 5 persone = R 73 pp 6 persone = R 61 pp, m.a.w. hoe meer mense hoe minder per persoon. Ons gesin is 2 volwassenes en my seuntjie, dus word ek gepenaliseer omdat ons net 3 is. Dis seker van die duurste kampplekke pppn vir "gewone" oorde wat mens kan kry in Limpopo en Mpumalanga. Ek het laas jaar vir die Paasnaweek maar op my tande gekners en dit betaal, maar ek sal dit nie weer doen nie. Snaaks dat die oord ook nie vreeslik vol was nie, ek neem aan dit sal hierdie jaar ook nie so vol wees nie. Ek het opgemerk dat die aantal mense in die tradisionele vakansieplekke oor die afgelope jare nogal heelwat afgeneem het. Ek dink daar is verskeie faktore, baie mense het ge-immigreer, hulle doen ander dinge oor vakansies (Mosambiek, 4x4 roetes ens), en die ekonomie druk ook maar. Snaaks dat ATKV voel dat hoër pryse sal help daarvoor. Maar nou ja, voorspoed, ek sal my geld maar op ander plekke gaan spandeer. Groete, Chris
Chris Prinsloo [chrisj.prinsloo@gmail.com] - 2010-04-01 10:21:35.967

Hi,ek wil net vra as daar 'n spa is en kan mens perdritte kry?? Groete Melisza Lemmer
Melisza Lemmer [lizzygormez@gmail.com] - 2010-03-23 12:56:16.747

Goeie more, kan julle asseblief die telefoonnommers groter skryf onder aan die oorde se inligting (sien web blad) Ons kan dit nie lees nie. Groot asseblief!!!
Therese Fourie [therese@electroflame.co.za] - 2010-03-19 10:50:49.467

Ons het die naweek saam met familie gekamp by die Eiland.Moet die bestuur en die diensspan wat gewerk het die naweek baie gelukwens .Ons was regtig beindruk met die netjies en skoon ablusies die hele naweek deur.Swembaddens was helder skoon,lekker musiek om swembad.Wat meer wil jy hê.Saterdagaand is daar vinnig opgetree toe dit stilte tyd word.Jammer on te sien hoe jong mense hulle vergryp aan drank.Aan die Eiland persoon ,baie geluk met n puik oord.Ons besoek julle gerus weer.
ALWYN WESSELS [alwynw@absamail.co.za] - 2010-03-16 16:31:57.293

Ek wil graag my terleurstelling deel en hierdie blad laat dit nie toe nie en beskryf dit as vloekwoorde, wat dit glad nie is nie. om teleurstelling te meld is nie 'n vloekwoord nie. Ek het oneindige probleme met die bespreking en uitvoering daarvan. Ek is 'n nuwe lid net bietjie korter as 'n jaar en was al by al die oorde met sulke goeie ervarings van die bespreking to die vertrek, behalwe met die Eiland Spa. Ek is verskriklik teleurgesteld met die personeel wat of siek is of op kursus of nie beskikbaar is om te help nie. Ek wil voorstel dat jul jul huis in orde kry. Celeste Mans
Celeste Mans [celeste.mans@eternityhealth.com] - 2010-03-15 10:57:19.14

hierdie is 'n regte klug Celeste Mans
Celeste Mans [celeste.mans@eternityhealth.com] - 2010-03-15 10:51:58.827

'n Reuse sonneblom aan ATKV- Eiland. Ons het die naweek van 05/03/10 daar deurgebring en van die oomblik wat ons laat Vrydagaand daar aangekom het to Sondag wat ons na die normale tyd die oord verlaat het, was dit net 'n plesier. 'n Groot pluimpie vir al die personeel wat uit hulle pad gegaan het om behulpsaam te wees. Baie dankie aan julle. Doet so voort.
Daan Meyer [dmeyer@datacentrix.co.za] - 2010-03-08 11:26:28.153

Ek wou net graag kyk hoe lank ek al 'n lid is. Die webwerf is egter nie meer so vriendelik nie. Kan julle my help asb
Matt Venter [mattheus_venter@yahoo.co.uk] - 2010-02-05 18:45:00.14

EILAND SPA julle is puik.Ons het baie leke saam julle gekuier so leke dat ons hierdie Des weer gaan kom kuier.Reno dankie vir al die speletjies om die swembad dit was baie lekker.Dis n vakansie wat on nie gou sal vergeet nie.SIEN JULLE DES.Groete van Louis Carina en Louistjie.Email:carinawol@telkomsa.net
carina wolmarans [carinawol@telkomsa.net] - 2010-01-30 11:06:35.39

Wat 'n Vakansie. Ons wil net vir die Eiland Spa se personeel se baie dankie vir julle wonderlike diens, julle maak 'n vakansie regtig 'n vakansie, dit was puik. Julle sal ons weer sien dit was regtig lekker. Die Stroebel's
Louis Stroebel [louis.stroebel@absa.co.za] - 2010-01-26 10:12:41.013

Goeie dag , het iemand dalk foto`s van die skoonheidskompetisie van Desember 2009 ? Die Eiland s`n. dankie
MAURITZ GROBLER [mauritzgrobler@yahoo.co.uk] - 2010-01-25 09:49:55.763

Hallo daar; Ja wat kan of eerder ek soek die regte woord Vir"Lekke"Puik"Uit die boek uit" Ons het saam met vriende vanaf 13 Des tot 02 Jan gaan rus. Ek en Christa kamp al vir jare by die eiland en ek moet se dis een van die lekkerste vakansies nog. Tommie jou personeel ek moet se 'n plesier om mee te gesels en vir almal wat ons ken van julle as eiland spa peroneel te vertel. Die Omies by die hek, Die Dames by ontvangs,vriendelik en hulpvaardig hulle laat 'n mens sommer dadelik welkom voel. Reno dankie vir 'n vakansie wat ons nie maklik gaan vergeet nie, als wat ons saam met jou en jou personeel gedoen het JA!!!!! Die manier hoe jy dit aanbied en almal laat welkom voel en almal wil net deelneem dis met 'n passie en jare se geduld man jy is 'n aanwins vir eiland hou so aan dis lekke. Hannelie dankie vir als en dankie vir wat Jy vir almal da doen ons waardeer dit baie, jou deur is altyd oop en altyd hulpvaardig met 'n smile,, Dankie jy. Wimpie dankie vir die ondervinding op 'n Sat oggend daar by die rivier 'n moet vir almal ( So lekke in die wonder van ons VADER DIE NATUUR )Dankie. Ons maaitjie in die kombuis dankie jy vir( ons vrot kos en goggas!!) 'n ondervinding wat ons altyd sal onthou "puik" Tommie vir jou wil ek en Christa net baie dankie se jou passie WAT JY uitbeeld om almal tuis te laat voel en jou deeglikheid hoe jy almal se problemme en klagtes hanteer uit die boek uit Dankie tjom.'N AANWINS VIR EENIGE OORD.Die oord is pragtig en skoon kyk net hou mooi is ons nuwe badkamers by die kamp plekke en als wat al so mooi reg gemaak is n mens kan sien, wat julle aanpak doen julle met n passie. Waardering is groot. Ten laaste vir die vriende wat ons daa ontmoet het. Kan nie die regte name onthou nie maar kan wel die onthou "More maatjie" "hoe gaan dit maatjie" "dankie maatjie" Dit was great. MWA DIE VRUGTE SKULLERS FRIK: CHRISTA
Frik en Christa van staden [frik.vanstaden@vodamail.co.za] - 2010-01-17 09:36:08.25

Ons kamp al van 1973 by Eiland het al ander plekke besoek maar Eiland bly maar lekker veral as jy deur die hekke ry dan voel jy sommer jy is met vakansie.Die Eiland het agteruit gegaan maar noudat ATKV oorgeneem het lyk dit weer prentjie mooi.Ons het weer van 04-12-09 tot 02-01-2010 daar gekamp en sommer van ontvangs af kon jy die veranderings sien en nie eers te praat van die mooi opgeknapte badkamers en goed versorgde tuine nie.Asook die swembadwater was nie eenkeer vuil of troebel nie en daar het vele mense geswem. Maar ek stem saam daai GROEN DAM sal julle moet iets aan doen want ek wil nie eers daar verby loop nie want jou pote sal afval,maar bowen alles Eiland bly nog lekker om vakansie te hou.Sien julle weer Des,Herman en Alet
Herman Wolmarans [herman.wolmarans@vodamail.co.za] - 2010-01-15 12:40:54.717

Ons is al vir jare gereelde kampers by die eiland. Elke kamp sessie was lekker. Ons was die naweek van 8-10 Januarie daar en het in die C blok gestaan. Die badkamers lyk pragtig. Al nadeel was die hordes muskiete by die dammetjie en die onwelkome reuk wat kort kort saam die windjie van die dammetjie afgekom het. Die bestuur sal vinnig iets aan die dammetjie moet doen om dit skoon te kry. Die muskiete was die ergste nog in al die jare gewees!
Marietta Coetzer [mariettac@realnet.co.za] - 2010-01-14 11:56:03.81

Ons het die 1ste week van Januarie by die Eiland gekamp en dit was heerlik. Toe ons klomp Gautengers eers gewoond geraak het aan die mooi naggeluide, wou niemand terugkom huis toe nie! Dankie ATKV en eiland personneel. Ons sal beslis weer kom.
Huibrie Van Schalkwyk [info@waterskillssa.co.za] - 2010-01-13 11:41:19.233

Ons was die afgelope vakansie by Eiland Spa en het elke oomblik geniet. Groot was ons teleurstelling egter om op die oggend van ons vertrek te sien dat ons besteel is. By navraag sal ons toe uitvind dat nog ander kampeerders dieselfde lot oorgekom het. Groter was die teleurstelling dat niemand van die bestuur ons eers besoek het of kom hulp aanbied het nie. Dit sou aangenaam gewees het as hulle ons selfs net 'n koppie koffie aangebied het aangesien jy in skok is as jy agterkom dat ander meer van jou eiendom hou as jyself.
Magda De Jager [fandi@lantic.net] - 2010-01-11 15:48:21.09

Hallo daar Ek en my familie was van die 24 Desember tot 2 Januarie die 1 ste keer by Eiland Spa en ons sal verseker weer kom kuier. Wat 'n pragtige plek! Die diens was puik, die personeel was vriendelik en alles was in plek! 'n Spesiale woord van dank aan Ryno en sy span wat 1 en almal elke dag met geesdrif en geduld vermaak en betrek het by die oord aktiwiteite! Ryno is 'n GROOT aanwins vir die Eiland. Ook die 2 vriendlike "omies" by die hek! Selfs in versengende hitte was hulle altyd vriendelik! Verder was die Kers ete puik, ou jaar braai net so goed en die dans en kerk diens was ook net soos ons dit wou gehad het! Rondawels is oud maar goed ingerig en ons sal verseker weer daar in vakansie hou! Alhoewel ons ervaring oorweldigend positief was, was daar tog 'n paar dingetjies wat gepla het en ek maak ook voorstelle hoe dit verbeter kan word: 1. Pizza aand was 'n probleem - spesiale aanbod van R35 per pizza word adverteer en ons besluit om ook dit soos die ander oord aktiwiteite te ondersteun. Groot was ons (en 'n paar ander vakansiegangers)se telleurstelling dat dit toe medium pizzas is. Op die standaard menu word "large" pizzas adverteer vir R35! Voorstel - maak die special werklik special of lig die mense in dat dit medium pizzas gaan wees! 2. Bingo of te wel Eiland Kaptein - sommige mense word toe gelaat om tot 12 bordjies te vat en dan kry van die mense nie 1 nie. Voorstel: slegs 2 bordjies per persoon! 3. Gazebo's moet nie toe gelaat word om in die koelte opgeslaan te word nie. Dit ontneem die ander mense die koeltes! 4. Oorweeg asb aircon vir die winkel! Groete Frans van der Walt
Frans van der Walt [Frans.vanderwalt@arivia.co.za] - 2010-01-06 08:34:38.53

Ons was die hele Des maand by Eiland spa.Dit was voorwaar ons beste vakansie nog!Dankie Reyno vir die lekker vakansie program jy het die ervaring net nog meer besonders gemaak! Julle sien ons Fochvillers beslis weer.Ek werk intussen aan my fobie oor spinnekoppe en goggas,as ekk dit kan oorkom sal my volgende Eiland vakansie nog lekkerder wees! Dankie Tommie,jy sorg dat ek as ouer weet dat my 2 spruite veilig is.Jy het oe en ore oral op die oord!Jou reels is streng en daar is mense wat nie hou van die stilte na 11 of die feit dat drank nie oral toegelaat word nie.Ons waardeur dit en stel dit hoog op prys.Dankie ook vir pragtige badkamers! Sien julle so gou as wat ons kan!Wanda,Dawie en kinders.(Fourie)
wanda fourie [wandafourie@vodamail.co.za] - 2010-01-06 08:20:31.077

Ons was die hele Des maand by Eiland spa.Dit was voorwaar ons beste vakansie nog!Dankie Reyno vir die lekker vakansie program jy het die ervaring net nog meer besonders gemaak! Julle sien ons Fochvillers beslis weer.Ek werk intussen aan my fobie oor spinnekoppe en goggas,as ekk dit kan oorkom sal my volgende Eiland vakansie nog lekkerder wees! Dankie Tommie,jy sorg dat ek as ouer weet dat my 2 spruite veilig is.Jy het oe en ore oral op die oord!Jou reels is streng en daar is mense wat nie hou van die stilte na 11 of die feit dat drank nie oral toegelaat word nie.Ons waardeur dit en stel dit hoog op prys.Dankie ook vir pragtige badkamers! Sien julle so gou as wat ons kan!Wanda,Dawie en kinders.(Fourie)
wanda fourie [wandafourie@vodamail.co.za] - 2010-01-06 08:17:39.513

Ons was die hele Des maand by Eiland spa.Dit was voorwaar ons beste vakansie nog!Dankie Reyno vir die lekker vakansie program jy het die ervaring net nog meer besonders gemaak! Julle sien ons Fochvillers beslis weer.Ek werk intussen aan my fobie oor spinnekoppe en goggas,as ekk dit kan oorkom sal my volgende Eiland vakansie nog lekkerder wees! Dankie Tommie,jy sorg dat ek as ouer weet dat my 2 spruite veilig is.Jy het oe en ore oral op die oord!Jou reels is streng en daar is mense wat nie hou van die stilte na 11 of die feit dat drank nie oral toegelaat word nie.Ons waardeur dit en stel dit hoog op prys.Dankie ook vir pragtige badkamers! Sien julle so gou as wat ons kan!Wanda,Dawie en kinders.
wanda fourie [wandafourie@vodamail.co.za] - 2010-01-06 08:11:28.467

Ons was die hele Des maand by Eiland spa.Dit was voorwaar ons beste vakansie nog!Dankie Reyno vir die lekker vakansie program jy het die ervaring net nog meer besonders gemaak! Julle sien ons Fochvillers beslis weer.Ek werk intussen aan my fobie oor spinnekoppe en goggas,as ekk dit kan oorkom sal my volgende Eiland vakansie nog lekkerder wees! Dankie Tommie,jy sorg dat ek as ouer weet dat my 2 spruite veilig is.Jy het oe en ore oral op die oord!Jou reels is streng en daar is mense wat nie hou van die stilte na 11 of die feit dat drank nie oral toegelaat word nie.Ons waardeur dit en stel dit hoog op prys.Dankie ook vir pragtige badkamers! Sien julle so gou as wat ons kan!Wanda,Dawie en kinders.
wanda fourie [wandafourie@vodamail.co.za] - 2010-01-06 08:01:48.747

Ons was so 3 jaar gelede by die Eiland. Toe vriende ons hierdie Desember nooi om saam met hulle te gaan kamp het ons ingestem, maar nie veel verwagtinge gehad nie. Watter verassing!! Die ATKV het die plek klaar begin omtower. Die vermaakspan bestaande uit Ryno Weppener, Bianca, Kobus en Everard was uit die boonste rakke. Sowat van energie en entoesiasme het ons baie lanklaas beleef. Die oord het omtrent gepols van ritme. Die volsaal wat die oujaarsdiens bygewoon het na afloop van die braai en dans het die hartsnare geroer. Dit is 'n voorreg om lekker vakansie te hou saam met vriendelike mense wat dieselfde waardes deel. Hou so aan Eiland Spa!-hier voel ons tuis en julle sien ons beslis weer aan die einde van 2010. Rautenbach gesin (27/12/2009 - 02/01/2010
James Rautenbach [james@limpro.co.za] - 2010-01-04 13:01:56.653

Hi Die fotos , veral van die rondavels op die webblad is werklik niksseggend. Die plek lyk nog net so verwaarloos as 20 jaar gelede toe ek as kind daar was! Die beddens/matrasse was deurgelê en onsettend ongemaklik.Oop kolle grond/sand en stof was toe ons voorland. Een verskil, toentertyd was dit (meer) bekostigbaar... Wat is my waarborg dat ek die teendeel kan verwag? As ATKV lid is ek skrikkerig om my geld/tyd by die Eiland te spandeer... Enige kans van naby/binne fotos vd rondavels? Groete Jock
Jock Naidoo Pretoria [jock.naidoo@yahoo.com] - 2009-12-29 20:01:36.89

Was 1997 laas by Eiland kry goeie terug voer van vriende. Sien julle weer in April 2010, sodra ons vanaf Natalia af terug kom. Sien uit om weer by julle te kuier groete aan personell
Shaun Moller [shaun.moller@sasol.com] - 2009-12-28 15:22:31.903

Ons het julle oord besoek tot en met 27/12/2009.Ons moet julle almal van die Eiland ,bestuur,personeel,skoonmakers,instandhoudingspan asook die sekuriteit baie baie gelukwens.Die kinders kon nie wag vir die dag se vermaak om te begin nie.Die oord is skoon en netjies,elke dag.Swembaddens is helder skoon en die ablusies is net n plesier.Voorspoed vir die nuwe jaar aan al die personeel.Ons besoek julle gerus weer.Dankie.
JOHAN DE VILLIERS [jdevilliers@absamail.co.za] - 2009-12-28 07:30:28.39

Ons is tans by die Eiland (12/12-23/12). Dit is 'n hand omkeer van verlede jaar - ten goede. Die bestuur het BAIE skerp. Dis BAIE skoon. Badkamers word direk skoon gemaak sodra jy klaar is. Skoonmaak personeel daar tot 22h00. Die geriewe is PUIK!! Dankie julle!!
Marius Botes [mariusb32@gmail.com] - 2009-12-18 09:34:37.59

Eiland gaan voort met wat julle doen.Die drinkers en rokers was gewoontlik die brekers ook.Dit het amper die Eiland se ondergang beteken.Dankie dat daar weer reëls is.Ons het dit baie geniet by julle.Hoop ons sien julle vroeg in 2010.Geseënde kersfees en voorspoed aan al die personeel en hulle families wat moet werk in hierdie feestyd.
Jan van Aswegen [jva@vodamail.co.za] - 2009-12-16 10:28:17.733

Die eiland het baie veranser vandat Atkv oorgevat het . die voorwaardes werk nie vir my nie glo nie ek sal myself kan wees nie omrede ek nie mag rook,drink of vloek nie . Julle maak dit ongerieflik vir baie mense !!!!!!!!!!!!!!!
Geen Geen [antonettesmit18@gmail.com] - 2009-12-15 15:30:52.577

Ons het die oord besoek saam met skoolgroep op 5/11/2009.Baie dankie vir die wonderlike dag ,die kinders het dit opreg waardeer.Gaan besoek gerus die oord .Dit is skoon en netjies.Verbeterings word gedoen sover ek kon sien.Van die hek tot in woonwapark.Dankie vir die omgee vir die kinders en dit was so lekker om net Afrikaans te hoor.Pragtig.
Hennie Vermeulen [henniev@vodamail.co.za] - 2009-11-06 10:55:33.483

Eilnad SPA! ROCK!
Bertie Groenewald [bertieG@gmail.com] - 2009-10-16 12:04:19.53

Ons het die naweek by julle gekamp saam met vriende.Ons was gereelde besoekers tot en met n paar jaar terug.In die tyd het die oord baie agter uitgegaan en ons het ander oorde besoek.Ek was verbaas om te sien wat het alles gebeur in die kort tydperk vandat die Atkv oorgeneem het.In die woonwapark word daar ook opgradering gedoen,swembaddens was helder,helder die hele naweek.Baie dankie vir die lekker naweek,sien julle baie gou weer.Joubert gesin en Vriende.
ANDRE JOUBERT [andrej@vodamail.co.za] - 2009-10-12 09:15:06.403

Ons het die oord besoek vanaf 24/9/2009-1/10/2009.Graag wil ek vir Tommie en sy span geluk wens.Die oord is skoon en netjies personeel is vriendelik,vermaak program is baie goed en Tommie maak lekker musiek.Die kinders het dit regtig geniet(al het die weer nie altyd saam gespeel nie).Vir die daar buite wat wonder hoe dit nou lyk,hulle is oral op die oord besig met opgradering.Ablusie blok D word nou gedoen,glybaan is geverf,swembad is herstel,water is warm binne en buite,dakke is geverf en mure word geteel.Die terrein is ook netjies en geen dagbesoekers word toegelaat.Hou so aan met die harde werk.Ons besoek julle graag weer en baie dankie vir die lekker Afrikaans en familie atmosfeer.
Henrik van Aswegen [hvas@gwisa.co.za] - 2009-10-02 09:15:36.14

Ek dink nie dis meer die moeite werd om `n lid te wees van die ATKV nie, `n mens kry byna nooit plek vir wanneer jy wil bespreek in die somer, wat het geword van voorkeur vir lede? Dit is uiters teleurstellend.
Marietjie Piater [marietjie.piater@eskom.co.za] - 2009-09-21 08:01:26.763

Het julle al 'n vakansie-program vir Desember ? En is die warm water al uitgesorteer?
Rina Botha [rbotha@dgc.co.za] - 2009-09-16 19:31:24.5

ATKV.Eiland ek en my vrou het baie lekker by julle gekuier geriewe baie goed ons was by julle aan huis gewees vanaf die 26/07/2009-31/8/2009 het dit so geniet en nog 2 dae langer gebly en n heerlike naweek geniet saam met die die bestuur van die eiland en kantoor personeel by die kaskar by-eenkoms op die gronde by die rugby veld by die eiland.Ons besoek die oord al van 1979 af maar die standaard is besig om goeie oplewering te maak met Tommy du Plessis en sy nuwe span lede en sekureteit wat as n bekende vir lank by Natalia die oord met goeie hande gehanteer het en goeie dessipliene agter gelaat het en so ook besig is om die eiland in die dieselfde rigting te lei waar dissipliene is is daar goeie beheer! ! Tommy hou so aan ons sien jou en jou span se werk raak as ons die oord besoek .Hou ook die flink reaksies in die kantore op standaard dat wil n mens altyd weer terug kom om verder te kuier en ook lager te kuier. Dankie ek en my vrou het dit baie geniet en sal ons binnekort weer sien. Groetnis aan al die ATKV BESTUUR EN WERKSPAN te ELAND .
Fanie (S.J.) Lizamore [stefaanslizamore@live.co.za] - 2009-08-03 14:39:02.187

Ons het die langnaweek by die Eiland baie geniet - dit is regtig 'n "vakansie-vriendelike" oord! Die enigste swakpunt van die naweek was toe ons gaan perd ry het. Die rit was baie aangenaam, maar ongelukkig kan ek nie dieselfde se van die gemors wat die oord in die bos "dump" nie. Dit lyk behoorlik soos 'n "dumping site", daar is bou rommel en alle ander gemors wat net in die veld gegooi word! Sekerlik kan die oord die gemors by 'n wettige stort terrein gaan weggooi, of van die gemors (veral die hout) uitbrand of behoorlike gate grou om die gemors in te gooi! Ag nee, moet nie ons mooi land so verniel nie!
Annalie Kotze [annalie.kotze@standardbank.co.za] - 2009-07-20 14:50:59.86



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]