Skip to the content

Ontspan en geniet ware gasvryheid by ons toevlugsoord in Limpopo

Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.

Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidrospa is ATKV-Eiland Spa net die plek vir die hele gesin om te kom ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.

 

Promosies

Bly vir minder die somer by ATKV-oorde. Spesiale aanbod vir Januarie & Februarie nou beskikbaar. 

Aanlyngeskenkbewyse

Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?  
Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.

COVID-19 Suid-Afrika

Vir die nuutste inligting rakende die koronavirus in SA, volg gerus die skakel.

Akkommodasie

ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke Bosveldagtergrond.

Eenhede

2, 4 & 6 Slaper Eenhede

Youth Tents ATKV Eiland Spa

Jeugtuiste

84 Persone - geskik vir enige skool-of kerkgroep

Woonwa-en-kampeerterrein

Woonwa-en-Kampeerterrein

50-PLUSSERS!

Bosveld op sy beste!

Die ATKV maak jou Bosvelddrome waar met Negester Klein-Kariba.